Oorsig
Die Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit verskaf gehalte regsopleiding, onderneem gefokusde navorsing en is by ons gemeenskap betrokke. Dit is die fakulteit se doel om regstudente toe te rus met die kennis, etiese beginsels en vaardighede wat hulle in hulle professionele lewe sal nodig kry. Verder om ook die wetenskap van die reg deur middel van navorsing deur ons personeel en nagraadse studente in diens van geregtigheid en ons grondwetlike demokrasie uit te brei.
Ons bied gehalte regsonderrig, gefokusde navorsing en is by ons gemeenskap betrokke.
Ons bied regsprogramme aan oor drie kampusse heen, en bedryf Regsklinieke in Mahikeng en in Potchefstroom. Ons het dus ’n teenwoordigheid in en begrip van stedelike en landelike kontekste.
In ons voorgraadse studies verskaf ons goed afgeronde kurrikulums wat publieke reg, regsfilosofie, privaat- en handelsreg, asook strafreg en die prosesreg, insluit. Die nagraadse aanbiedings op meestersgraad- en doktorale vlak omvat uiteenlopende gebiede, insluitend omgewingsreg en bestuur, boedelreg en handelsreg.
Ons streef daarna om die plek van voorkeur te wees vir diverse, interessante en dinamiese mense met ’n belangstelling in die reg en ons grondwetlike demokrasie . Ons nooi studente en navorsers om saam te werk in diens van geregtigheid. Ons belowe die volgehoue verskaffing van besielende en etiese regsonderrig, gerugsteun deur tersaaklike, vooruitskouende navorsing en betekenisvolle gemeenskapsbetrokkenheid.
Ter nagedagtenis, Prof Johan van der Vyver 
Die regsfakulteit betreur die afsterwe van Prof Johan van der Vyver , voormalige dekaan van die regsfakulteit.
Prof van der Vyver (1934-2023) , voormalige dekaan en regsprofessor, was die eerste persoon wat ‘n module in menseregte by ‘n Suid-Afrikaanse universiteit bekendgestel het.
Die module, Menseregte, is sedert 1970 aan die voormalige PU vir CHO (nou NWU) aangebied. Sy voormalige kollegas en studente sal hom onthou as ‘n uitstaande lektor. Sy logika en gedagteryke lesings het kritiese akademici en praktisyns opgelewer. Hy was ‘n inspirasie vir toekomstige generasies van menseregte aktiviste en regsgeleerdes aan die NWU en ander Suid-Afrikaanse universiteite. Hy was ‘n aktiewe akademikus tot en met sy afsterwe op ouderdom 89. Sy afsterwe laat ’n leemte, maar sy nalatenskap bly voortbestaan. In 1999 is ‘n uitgawe van die joernaal Koers aan hom opgedra – u kan die skakel hier vind https://www.koersjournal.org.za/index.php/koers/issue/view/50.
Voorgraadse Studies
Nagraadse Studies
Navorsing
Ontdek
In ander media
-
Elmien du Plessis | Land, Law and (Afrikaner) Nostalgia
- News24 - North-West University Faculty of Law has a firm foundation
- Press Office
-
NWU Law Faculty hosts gala dinner
- Mail & Guardian