Oorsig

Die Fakulteit Regte en die Universiteit Navorsing stel navorsing deur haar dosente en studente as ‘n hoë prioriteit. Die NWU se onderrig en leerstrategie erken ook die belang van navorsingsvaardighede. Die NWU het die nodige biblioteek en inligtingstegnologie beskikbaar om studente in hulle navorsing te ondersteun.

Die NWU is op ‘n uitgebreide lys (253) van elektroniese databasisse ingeteken waartoe alle dosente en studente op en afkampus toegang het. Studente het verder elektroniese toegang tot nasionale en internasionale wetgewing, hofsake en akademiese artikels. Die NWU biblioteekinligtingspesialiste, toegewys aan Regte, het LIBGUIDES, oftewel elektroniese gidse, in spesifieke velde ontwikkel en is altyd beskikbaar om studente en dosente in hulle navorsingsaktiwiteite by te staan.

Die akademiese personeel se navorsingsaktiwiteite val onder die Navorsingeenheid vir Reg, Geregtigheid en Volhoubaarheid. Die Fakulteit is trots op die aantal internasionaal-erkende akademici wat met die navorsingsaktiwiteite en ander werk van die Fakulteit gemoeid is.

Die Navorsingseenheid vir Reg, Geregtigheid en Volhoubaarheid spreek ontwikkeling en regsvraagstukke in Suid-Afrika aan. Die navorsing spreek multi-dissiplinêre brandpunte in die privaat en openbare sektor aan en fokus op kwesbare gemeenskappe, omgewingsverandering, geregtigheid in praktyk asook finansies, handel en beleggings.

Suid-Afrika funksioneer binne die konteks van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), die Afrika Unie en internasionale reg, en daarom spreek verskeie van die projekte dié konteks aan. Die Navorsingseenheid is uniek in die sin dat al die projekte verband hou met die regering se diensleweringsprioriteite, die Nasionale Ontwikkelingsplan en die VN se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte.

Personeel en studente

Die voltydse personeel van die Fakulteit Regte neem deel aan die Navorsingseenheid se aktiwiteite. Twee-en-dertig lede het doktorsgrade en 10 lede is NRF-gegradeerde navorsers. Emeritus Prof LM du Plessis en Prof F Venter is internasionaal-gerekende navorsers en Prof LJ Kotzé is een van die weinige P-gegradeerde (“NRF Prestigious Awardee”) wetenskaplikes in Suid-Afrika. In die kategorie vir jong belowende navorsers is Prof Anél du Plessis as Y1 gegradeer en Prof Avitus Agbor en Prof Howard Chitimira as Y2.

In 2015 het die lede van die Navorsingseenheid 54.83 artikelekwivalente gepubliseer en in 2016 47 artikelekwivalente in gesubsidieerde nasionale en internasionale tydskrifte gepubliseer. Hulle het ook 1 boek en 1 konferensie verrigting en 22 hoofstukke in boeke in 2015 en 3 Konferensie verrigtinge, 2 boeke en 12 hoofstukke in boeke  in 2016 gepubliseer, byvoorbeeld:

  • KOTZE LJ  2016. Global Environmental Constitutionalism in the Anthropocene, United Kingdom, Qxford, Hart Publishing. 281 pp.. 9781509907588

Navorsingsamewerking

Die Fakulteit Regte het samewerkingsooreenkomste met verskeie internasionale universiteite vir voorgraadse en nagraadse studente en dosente-uitwisseling. Die Navorsingseenheid neem deel aan die jaarlikse somer-winterskool wat in samewerking met Tilburg Universiteit, Nederland en die Fundação Getúlio Vargas Regskool van Rio de Janeiro, Brasilië  aangebied word. Die lede neem ook deel aan die Edolad PhD program.

Die Navorsingseenheid bied ook op ‘n gereelde basis, in samewerking met die Konrad-Adenauer Stiftung, colloquia oor ‘n verskeidenheid van onderwerpe aan. Hierdie colloquia word die lede van die regering, landbousektor, nie-regeringsorganisasies, akademiese omgewing, die privaatsektor en die publiek bygewoon.

Die lede van die Navorsingseenheid dien op verskeie nasionale en internasionale rade en komitees, is lede van redaksies van nasionale en internasionale tydskrifte en word uitgenooi om lesings by nasionale en internasionale konferensies te lewer.

Die Navorsingseenheid is ook verantwoordelik vir die internasionaal-gerekende Potchefstroom Elektroniese Regstydskrif (PER).

Die lede van die Navorsingseenheid word nasionaal en internasionaal erken vir hulle navorsingsuitsette.

Fokus

Navorsing in die Navorsingseenheid fokus op aangeleenthede wat verband hou met geregtigheid en volhoubaarheid in Suid-Afrika, Afrika en die wêreld, met spesifieke verwysing na kwesbare gemeenskappe, omgewingsverandering, geregtigheid in praktyk en finansies, handel en beleggings.  

Visie en Strategiese doelwit

Die visie en strategiese doelwit van die Navorsingseenheid is om die regswetenskap en die reg te benut om innoverende oplossings te vind vir regsprobleme rakende geregtigheid en volhoubaarheid in Suid-Afrika en die streek sover dit met die res van die wêreld te make het en strewe daarna om nasionale, regionale en internasionale erkenning vir die innoverende navorsingspogings van die eenheid te verwerf.

Waardes

Die Navorsingseenheid bevorder en rig haar navorsing op geregtigheid deur teoretiese en praktiese oplossings vir die realisering van die regte en waardes vervat in Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 te vind.

Reg, Geregtigheid en Volhoubaarheid

“Reg, geregtigheid en volhoubaarheid” is ‘n gekompliseerde maar toepaslike en oorkoepelende naam vir die Navorsingseenheid.

“Reg” verwys na die regswetenskap, insluitend die versameling van breë normatiewe en institusionele raamwerke wat menslike gedrag onder en tussen mense en nie-menslike entiteite reguleer. Dit sluit praktiese, filosofiese en teoretiese oorwegings in.  

“Geregtigheid” sluit beide prosedurele en substantiewe reg in die wydste sin in en verwys onder meer na ontwikkeling, menseregaangeleenthede soos gelykheid, toegang tot die reg, toegang tot hulpbronne, kinderregte, sosio-ekonomiese bemagtiging, erkenning, lewensomstandighede en die omgewing in.

“Volhoubaarheid” verwys na die sfere waarbinne reg en geregtigheid funksioneer en sluit onder meer drie elemente in wat gebalanseer moet word: sosiale elemente (insluitend breër menslike prosesse); omgewingselemente (soos ekologiese prosesse en volhoubare stede) en ekonomiese elemente (soos handel, finansiering, beleggings, virtuele eiendom en arbitrasie).

Die projekte van die Navorsingseenheid steun op ‘n hedendaagse visie van volhoubaarheid soos dit in die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte uiteengesit is.

Die navorsingseenheid doen navorsing in verskeie projekte.

Struktuur van die Navorsingseenheid

  1.  Direkteur van die Navorsingseenheid: Prof Mitzi Wiese
  2.  Navorsingsprofessor:  Prof LJ Kotzé, Prof Avitus Agbor en Prof Howard Chitimira
  3.  Persoonlike assistent van Navorsingsdirekteur:: Rieëtte Venter
  4.  Projekleiers

Navorsingsnuusbrief

Jaarverslag