Die verskil tussen die LLB- en ander regsgrade

Die verskil tussen die LLB- en ander regsgrade is dat LLB-studente gewoonlik hul hele kursus die regte bestudeer, terwyl studente op ander regsprogramme ook tyd spandeer om modules buite die reg te bestudeer. Hierdie LLB-graadprogram word ook aangebied as 'n tweede graad vir studente wat reeds 'n BA in Regte of 'n BCom in Regte het. Loopbaangeleenthede sluit in om as prokureur, advokaat, staatsaanklaer, landdros, in die staat, kommersiële sektor of as regsadviseur te werk.

Die verlengde LLB is wanneer die regsmodules oor 'n tydperk van vyf jaar eerder as vier jaar versprei is en dat spesifieke modules in die eerste jaar ingesluit word wat die gaping tussen skool en universiteit oorbrug. Dit verbeter ook vaardighede wat nodig is om die graad suksesvol te voltooi. Die loopbaangeleenthede is presies dieselfde as vir die  vierjaar LLB-graad.

LLB as tweede graad

Duur: 2 jaar

Indien die kandidaat reeds ʼn BA in Regte of BCom in Regte behaal het, duur die studie 2 jaar. Indien die kandidaat ʼn ander driejarige graad met minder regsvakke behaal het, is die minimumtydperk 3 jaar. Die kurrikulum behels die restant van die voorgeskrewe vierjarige LLB-kurrikulum; dit is dus die regs-, taal- en taalvaardigheidsmodules wat nie tydens die eerste graad geslaag is nie.

Vakgroepe

Die volgende vakgroepe bestaan om te help met die akademiese administrasie van die program:

  • Privaatreg
  • Volkereg
  • Handelsreg
  • Straf- en Prosesreg

Plekke van aflewering

  • Mahikengkampus
  • Potchefstroomkampus

Oorsig

Duur: 4 jaar

Kwalifikasiekode: 6DE H01

Kurrikulumkode Mahikengkampus: R401M

Kurrikulumkode Potchefstroomkampus: R401P

Verpligte vakketydens studietydperk:

  • 35 regsmodules;
  • 1 taal- en 3 taalvaardigheidsmodules
  • 1 Nie-regsmodule en
  • 5 praktiese regsmodules en
  • Geintegreerde projek:
    • Navorsingsprojek
    • Skynhof
    • Regskliniek

Beperkte keusemodules in jaar IV.

Toelatingsvereistes

  • APS van 30;
  • Wiskunde is 'n sterk aanbeveling en
  • Taal van onderrig en leer op Huistaalvlak geslaag op prestasievlak 5 (60-69%) EN taal van onderrig en leer op Eerste Addisionele Taalvlak geslaag op prestasievlak 5 (60-69%).

Kurrikulum

Die kurrikulum vir LLB en Verlengde LLB kan hier besigtig word.

Verlengde LLB-program

Die verskille tussen die vierjaar LLB en die verlengde LLB is dat die regsmodules oor 'n tydperk van vyf jaar eerder as vier jaar versprei is en dat spesifieke modules in die eerste jaar ingesluit word wat die gaping tussen skool en universiteit oorbrug. Dit verbeter ook vaardighede wat nodig is om die graad suksesvol te voltooi. Die loopbaangeleenthede is presies dieselfde as vir die  vierjaar LLB-graad.

Duur: 5 jaar

Aangebied op Mahikengkampus (MK)

Kwalifikasiekode: 6XA H01

Minimumvereistes vir aansoeke:

  • ʼn APS van 28
  • Huistaal geslaag op vlak 4 (50-59%) of Eerste Addisionele Taal op vlak 4 (50-59%) en
  • Wiskunde geslaag op vlak 3 (40-49%) of Wiskundige Geletterdheid op vlak 5 (60-69%)

In die verlengde program word die eerste jaar van die gewone LLB-kurrikulum oor twee jaar aangebied aldus model 2 van die DHOO (2012), wat bepaal dat studente se eerstejaar kurrikulum oor twee jaar geneem word met wesenlike grondslagvoorsiening daarby geïnkorporeer. Studente sluit dan in hul derde jaar by die gewone LLB-hoofstroom program op tweedejaarsvlak aan. Jaar 3 tot 5 van die verlengde program kom dus ooreen met jaar 2 tot 4 van die gewone vierjarige LLB-program.  

Kurrikulum

Die kurrikulum vir LLB en Verlengde LLB kan hier besigtig word.

Loopbaangeleenthede

 

  • Prokureur
  • Advokaat
  • Staatsaanklaer
  • Landdros
  • Kommersiële sektor
  • Regsadviseur