Welkom by Fakulteit Regte

"Die Fakulteit Regte, wat drie leweringsterreine het, naamlik op die kampusse in Mahikeng, Potchefstroom en Vanderbijlpark, wil ’n ieder en elke regstudent by die fakulteit verwelkom. Ons is trots op die mense betrokke by die fakulteit – personeel, studente en alumni. Ons streef uitnemendheid na in ons kernbesigheid, naamlik onderrig en leer, navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid. By ons fakulteit kan julle seker wees van kwaliteit, etiese regsopleiding, vooruitskouende en tersaaklike navorsing en betekenisvolle gemeenskapsbetrokkenheid wat die behoefte aan maatskaplike geregtigheid ondersteun. Ons is daartoe verbind om ’n positiewe bydrae tot elke student, die reg en ons samelewing te maak," Uitvoerende Dekaan: Fakulteit Regte.