BA Regte

Gee student die geleentheid om kennis van die Suid-Afrikaanse regsisteem, privaatreg, staatsreg en inheemsereg te verkry. Ten einde die akademiese administrasie van die programme te ondersteun, vorm die module groepe Privaatreg, Publiekereg en Handelsreg deel daarvan. As u hierdie graad besit, kan u inskryf vir die LLB-graad.

Oorsig

Duur: 3 jaar

Kwalifikasiekode: 6DC H01

Kurrikulumkode Potchefstroomkampus: R301PK

Kurrikulumkode Vanderbijlparkkampus: R301VDK

Verpligte regs-, taal- en vaardigheidsvakke PLUS
Een van die volgende hoofvakke wat van vlak I-III geneem word:

  • Engels;
  • Bedryfsielkunde;
  • Filosofie;
  • Politieke Studies of
  • Psigologie.

Toelatingsvereistes

  • APS van 28 en

  • Taal van onderrig en leer op Huistaalvlak geslaag op prestasievlak 5 (60-69%) EN taal van onderrig en leer op Eerste Addisionele Taalvlak geslaag op prestasievlak 5 (60-69%).

  • Keuring vir BA (Regte) word gedoen op die basis van die kandidaat se akademiese prestasie soos vervat in sy of haar Gr 11 en Gr 12 uitslae, asook 'n aanlegtoets. Die aanlegtoets sluit 'n psigometriese evaluasie, persoonlikheidsvraelys asook 'n aanlegvraelys in, en is noodsaaklik indien die student in die regsveld wil studeer. Hierdie assessering is verpligtend vir alle regstudente.

Vakgroepe

Die volgende vakgroepe bestaan om te help met die akademiese administrasie van die program:

  • Privaatreg
  • Volkereg
  • Handelsreg
  • Straf- en Prosesreg

Plekke van aflewering

  • Potchefstroomkampus
  • Vanderbijlparkkampus

Loopbaan geleenthede

  • Kommersiële sektor
  • Regsadviseur

Kurrikulum

Die kurrikulum vir BA (Regte) kan hier besigtig word.

Vir meer inligting verwys asseblief na die jaarboek.