Oorsig

Die Skool vir Voorgraadse Programme is verantwoordelik vir die bestuur van die voorgraadse kwalifikasies wat deur die Fakulteit Regte aangebied word. By hierdie sentrum vir onderrig-leer is ons verbind tot akademiese uitnemendheid, het ons ’n innoverende benadering tot regsonderrig en het ons ten doel om hoë gehalte regsonderrig op voorgraadse vlak aan te bied. Ons wil egter nie bloot net regskennis oordra nie, maar streef daarna om ons studente toe te rus met die nodige vaardighede en waardes wat noodsaaklik is om die uitdagings rondom toetrede tot die regsprofessie, die hoof te bied. Ons oogmerk is om gegradueerdes met ‘n passie vir reg en geregtigheid, met ‘n sosiale bewustheid, met ‘n kritiese ingesteldheid en met integriteit af te lewer. Daarom word alle pogings aangewend om ons studente te bemagtig en te vorm sodat hulle in staat is om as juriste ‘n bydrae tot die ontwikkeling van die samelewing en die regstelsel te lewer.

Voorgraadse kwalifikasies

Die Skool vir Voorgraadse Programme is verantwoordelik vir die aanbieding van die volgende kwalifikasies, naamlik:

  1. ‘n Baccalaureus Artium met Regsvakke (minimum tydperk 3 jaar);
  2. ‘n Baccalaureus Commercii met Regsvakke (3 jaar), en
  3. ‘n Baccalaureus Legum as eerste graad waarvan die minimum duur 4 jaar is. Die LLB word ook as ‘n tweede graad aangebied vir studente wat reeds oor ‘n BA Regte of ‘n B Com Regte beskik.
  4. 'n Verlengde Baccalaureus Legum as eerste graad is wanneer die regsmodules oor 'n tydperk van 5 jaar eerder as 4 jaar versprei is en dat spesifieke modules in die eerste jaar ingesluit word wat die gaping tussen skool en universiteit oorbrug. Dit verbeter ook vaardighede wat nodig is om die graad suksesvol te voltooi. Die loopbaangeleenthede is presies dieselfde as vir die 4 jaar LLB-graad.

Die skool is versprei oor drie kampusse, naamlik Vanderbijlpark, Mahikeng en Potchefstroom. Die volgende programme word op elkeen van die kampusse aangebied:

  • Vanderbijlpark: ‘n Baccalaureus Artium met Regsvakke (BA Regte) en ‘n Baccalaureus Commercii met Regsvakke (BCom).
  • Mahikeng: ‘n Baccalaureus Commercii met Regsvakke (BCom), ‘n Baccalaureus Legum (LLB) en 'n Verlengde Baccalaureus Legum (LLB).
  • Potchefstroom: ‘n Baccalaureus Artium met Regsvakke(BA Regte), ‘n Baccalaureus Commercii met Regsvakke (BCom) en ‘n Baccalaureus Legum (LLB).

Op elke kampus word die skool verteenwoordig deur ‘n Adjunk-Direkteur wat verantwoordelik is vir die dag tot dag implementering van die programme wat op die betrokke kampus aangebied word en wat verantwoording doen aan ‘n Direkteur wat deel uitmaak van die Dagbestuur van die Fakulteit Regte.

Algemene inligting

Graad 12-leerders

  • Aansoekperiode: 1 Maart tot 30 Junie
  • Aansoeke van senior studente van ander instellings
  •  Onderhewig aan minimumvereistes van die program. Studente van ander instellings moet ten minste 60 krediete in hul geregistreerde jaar geslaag het. 
  •  Aanlyn aansoeke moet van motiveringsbrief en jongste uitslae vergesel word.
  • Die Sentrale Aansoek en Toelatingskantoor (SATK) sal die uitslag van u aansoek asook inligting oor die fakulteit se aanlegtoets aan u kommunikeer. ’n Aanlegtoets word vereis vir alle eerste grade in regte. Kontak asseblief die SATK direk vir enige navrae oor aansoeke:
  • E-pos: applicationsug@nwu.ac.za
  • Belsentrum: +27 (0) 18 299 4030/4130/4383/4263
  • Inligting vir voornemende studente
  • Kwalifikasies in regte: https://law.nwu.ac.za/af/undergraduate-studies/tuis
  • Aanlyn aansoeke: http://studies.nwu.ac.za/af
  • E-posnavrae: LAW-Prospective@nwu.ac.za
  • UG Brosjure: Voorgraadse brosjure

Moontlike loopbane

Ons gegradueerdes is toegerus om tot enige van die onderstaande loopbane toe te tree:

  • Die akademie
  • Die regsprofessie (prokureurs en advokate)
  • Regsadviseurs
  • Staatsdiens: advokate, prokureurs, staatsaanklaers, landdroste, regters (met die nodige ervaring).

Studierigtings