BCom Regte

Aanbeveel vir studente wat 'n tweeledige belangstelling in die regte en besigheid het. Hierdie graad vul die LLB aan, aangesien dit 'n breër perspektief bied op veral handel. Die vakgroepe binne 'n BCom in regte is presies dieselfde as in die geval van die BA in regte, met die enigste verskil dat modules met betrekking tot handel ook ingesluit is.

Oorsig

Duur: 3 jaar

Kwalifikasiekode: 6DD H01

Kurrikulumkode Mahikengkampus: R301MK

Kurrikulumkode Potchefstroomkampus: R301PK

Kurrikulumkode Vanderbijlparkkampus: R301VDK

Verpligte regs-, en taalvaardigheidsvakke PLUS
Ekonomie
Ondernemingsbestuur en
Rekeningkunde

(Studente registreer in jaar 1 vir bogenoemde drie modules. Twee van hierdie modules word geneem in jaar II en een in jaar III.)

Studente wat nie Rekeningkunde op skool gehad het nie, kan die kort leerprogram in Basiese Rekeningkunde tydens die ontvangstydperk bywoon.

Toelatingsvereistes

  • APS van 30;
  • Wiskunde geslaag op prestasievalk 4 (50-59%) en
  • Taal van onderrig en leer op Huistaalvlak geslaag op prestasievlak 5 (60-69%) EN taal van onderrig en leer op Eerste Addisionele Taalvlak geslaag op prestasievlak 5 (60-69%).
  • Keuring vir BCom (Regte) word gedoen op die basis van die kandidaat se akademiese prestasie soos vervat in sy of haar Gr 11 en Gr 12 uitslae.
  • Die fakulteit kan enige ander vereistes stel.

Vakgroepe

Die volgende vakgroepe bestaan om te help met die akademiese administrasie van die program:

  • Privaatreg
  • Volkereg
  • Handelsreg
  • Straf- en Prosesreg

Plekke van aflewering

  • Mahikengkampus
  • Potchefstroomkampus
  • Vanderbijlparkkampus

Loopbaan geleenthede

  • Kommersiële sektor
  • Regsadviseur

Kurrikulum

Die kurrikulum vir BCom(Regte) kan hier besigtig word.

Vir meer inligting verwys asseblief na die jaarboek.