Prof Leonie Stander - TOON VAN DEN HEEVERPRYS VIR REGSWETENSKAP
TOON VAN DEN HEEVERPRYS VIR REGSWETENSKAP
Die prys kan driejaarliks toegeken word vir: Oorspronklike regskundige werke in Afrikaans; en/of vollengte artikels of 'n artikel van hoogstaande gehalte in Afrikaans wat in geakkrediteerde regstydskrifte verskyn het; en/of baanbrekende regsuit¬sprake in Afrikaans.
Die prys is toegeken aan prof. Leonie Stander van die Noordwes-Universiteit. Prof. Stander publiseer hoogstaande vollengte navorsingsartikels op verskillende terreine binne die regswetenskap. — Leonie Stander.
Prof Louis Kotze - Regter vir die Permanent Peoples' Tribunal (PPT) on Human Rights
Professor Louis Kotzé, Navorsingsprofessor aan die Regsfakulteit van die NWU en huidiglik Marie Curie navorsingsgenoot by die Universiteit van Lincoln in die Verenigde Koninkryk , is aangewys as regter vir die Permanent Peoples' Tribunal (PPT) on Human Rights, Fracking and Climate Change. Die verhoor m.b.t. hierdie netelige en kritieke kwessie sal van 14-18 Mei 2018 plaasvind. Die PPT is 'n internasionale erkende organisasie en dien as 'n tribunaal vir die beslegting van menseregte-kwessies. Die organisasie funksioneer onafhanklik van staatsowerhede en pas internasionale erkende menseregte wetgewing en beleid toe op die sake wat voor die tribunaal dien. Die organisasie is in…
read moreProf Klaus D Bieter - NWU Fakulteit Regte
Prof. Klaus D. Beiter van die NWU Regsfakulteit, ‘n spesialis in internasionale menseregte, is aangewys as die voorsitter van ‘n uitgelese paneel wat die kwessie van akademiese vryheid gaan bespreek. Hierdie paneelbespreking sal plaasvind tydens die 2018 Scholars at Risk Network Global Congress, wat van 23-26 April sal plaasvind by die Freie Universität Berlin, Duitsland. Die kongres is getiteld : "The University and the Future of Democracy" en word gereël deur die Scholars at Risk, New York, te same met die Alexander von Humboldt Foundation en Freie Universität Berlin.
Scholars at Risk beskerm akademici wat slagoffers is van ernstige dreigemente t.o.v. hulle lewens,…
read more"Inspire a future leader" met Regter Leona Theron
Almal is welkom om die gaslesing deur Regter Leona Theron van die Konstitusionele Hof, by te woon. Die tema van haar aanbieding is: Ons verantwoordelikheid teenoor sosiale geregtigheid. Die aanbieding is om 12:45 - 14:00 in die NWU Sanlam-ouditorium op 9 April 2018.
https://www.facebook.com/events/175696113080559/
Uitvoerende Dekaan 2018
Uitvoerende Dekaan: Fakulteit Regte
Prof Stephen de la Harpe
Prof De la Harpe het 'n BA Regte en LLB aan die Universiteit van Pretoria (UP) behaal, 'n BCom aan UNISA, LLM met spesialisasie in Fundamentele Regte en Konstitusionele Praktyk aan UP, 'n LLD aan UNISA en 'n PGDip in Dispuutresolusie aan die Universiteit van Stellenbosch.
Hy is in 1985 as prokureur tot die Hoogeregshof van Suid-Afrika toegelaat, en as advokaat in die Hooggeregshof in 1986. Hy is 'n geakkrediteerde kommersiële mediator by die Africa Centre for Dispute Settlement en is ook lid van verskeie verenigings.
Prof De la Harpe het uitgebreide onderwyservaring as junior lektor by…
read moreProf Willemien du Plessis is paneellid vir 'Gender & Mining'
Prof Willemien du Plessis is paneellid vir 'Gender & Mining' by die 'Mineral Law in Africa (MLIA) Colloqium V' in Nairobi Kenya van 28 Feb tot 2 Maart.
Bekroon met ATKV|SA Akademie-pryse 2018
Baie geluk aan Dr Michelle Barnard, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus wat bekroon is met 'n akademiese prys vir haar artikel Koolstofbelasting as voorgestelde ekologiese fiskalehervormingsmaatreël in Suid-Afrika wat by LitNet Akademies Jg. 13 (3), 2016 verskyn het.
http://www.litnet.co.za/atkvsa-akademie-pryse-2018-vier-li…/
Welkom uit die Kantoor van die Waarnemende Dekaan
Geagte student
Ek wil u graag baie welkom heet by die Fakulteit Regte vir die 2018 akademiese jaar wat hierdie maand ‘n aanvang neem. Hierdie jaar gaan sekerlik, op verskeie vlakke, weer ‘n opwindende een wees. Die politieke veranderinge, weersomstandighede, ekonomies werklikhede, gratis hoër onderwys, internasionale gebeure en baie ander faktore sal sorg dat ons nie in 2018 verveeld is nie.
Wat die Fakulteit betref is een van ons belangrike doelwitte die implimentering van die LLB verbeteringsplan. Dit gaan beslis harde werk en aanpassing van dosent en student verg. Ek het geen twyfel dat ons dit, tot voordeel van almal, suksesvol sal doen nie. Hiermee gepaard gaan…
read moreGlobale Klimaatsveranderingsweek - Opvolg
Die Regsfakulteit van die NWU, in samewerking met die Ingenieursfakulteit sowel as die Fakulteit vir Natuurwetenskappe, die SRVP en Enactus, het die 2017 Global Climate Change Week (Globale Klimaatsveranderingsweek) aangebied. Gedurende hierdie week is 'n boekuitstalling by die Ferdinand Postma-biblioteek gehou en is ander aktiwiteite soos 'n bewusmakingsveldtog by die Fakulteit van Regte, 'n studente-debat en verskeie publieke lesings oor klimaatsveranderingskwessies ook aangebied. Besoek ons Facebookblad vir meer besonderhede. https://www.facebook.com/climatechangenwu/
Globale Klimaatsveranderingsweek 9-15 Oktober 2017
9-15 Oktober Boekuitstalling : Klimaatsverandering - Ferdinand Postma- biblioteek
Donderdag 12 Oktober
12:30-14:00 Bewusmakingsveldtog : Gebou F5, Fakulteit Regte
18:00-20:00 Openbare lesing: Skynhof, F5, K 110
Sprekers: 18:00-18:20 Ncobile Nkosi
18:20-18:40 Markus Koehn
18:40-19:00 Dr Michelle Barnard
19:00-19:20 Andrew Gilder
Vrydag 13 Oktober 13:00-14:00 Studente-debat Skynhof , F5, Fakulteit Regte