Professor Louis Kotzé, Navorsingsprofessor aan die Regsfakulteit van die NWU en huidiglik Marie Curie navorsingsgenoot by die Universiteit van Lincoln in die Verenigde Koninkryk , is aangewys as regter vir die Permanent Peoples' Tribunal (PPT) on Human Rights, Fracking and Climate Change.  Die verhoor m.b.t. hierdie netelige en kritieke  kwessie sal van 14-18 Mei 2018 plaasvind.  Die PPT  is 'n internasionale erkende  organisasie en dien as 'n tribunaal vir die beslegting van menseregte-kwessies. Die organisasie funksioneer  onafhanklik van staatsowerhede en pas internasionale erkende menseregte wetgewing en beleid  toe op die sake wat voor die tribunaal dien. Die organisasie is in Rome gesetel en is 'n afstammeling van die 1967 Bertrand Russell-Jean Paul Sartre Vietnam War Crimes Tribunal . Die organisasie beslis oor sake waar duidelike prima facie bewyse suggereer dat 'n beperking of inkorting van die basiese regte van gewone mense plaasvind. 

Submitted by RIEËTTE VENTER on Thu, 05/03/2018 - 07:41