Oorsig

Die akademiese personeel van enige fakulteit is dieselfde as ’n enjin vir ’n motor – hulle bepaal die gehalte van daardie fakulteit en of daardie fakulteit floreer en groei of nie. Fakulteit Regte het ’n beperkte personeel, maar hierdie span is uiters gemotiveerd, met ’n omvangryke aantal jare se gekombineerde ervaring en goeie kwalifikasies. ’n Beduidende getal professore is NNS-gegradeer, insluitend B- en P-gegradeerde navorsers, en dit stel die fakulteit in staat om stewig publikasie-uitsette en ’n goeie nagraadse studieleidingsrekord te handhaaf. ’n Beduidende persentasie van die dosente het ’n LLD as hulle hoogste kwalifikasie. Verder is die grootste persentasie personeel permanent aangestel, wat kontinuïteit verseker en gehalte-onderrig bevorder. Die akademiese personeel word kundig deur ’n aantal administratiewe personeellede ondersteun.