Uitvoerende Dekaan 2018
Uitvoerende Dekaan: Fakulteit Regte
Prof Stephen de la Harpe
Prof De la Harpe het 'n BA Regte en LLB aan die Universiteit van Pretoria (UP) behaal, 'n BCom aan UNISA, LLM met spesialisasie in Fundamentele Regte en Konstitusionele Praktyk aan UP, 'n LLD aan UNISA en 'n PGDip in Dispuutresolusie aan die Universiteit van Stellenbosch.
Hy is in 1985 as prokureur tot die Hoogeregshof van Suid-Afrika toegelaat, en as advokaat in die Hooggeregshof in 1986. Hy is 'n geakkrediteerde kommersiële mediator by die Africa Centre for Dispute Settlement en is ook lid van verskeie verenigings.
Prof De la Harpe het uitgebreide onderwyservaring as junior lektor by…
read moreProf Willemien du Plessis is paneellid vir 'Gender & Mining'
Prof Willemien du Plessis is paneellid vir 'Gender & Mining' by die 'Mineral Law in Africa (MLIA) Colloqium V' in Nairobi Kenya van 28 Feb tot 2 Maart.
Bekroon met ATKV|SA Akademie-pryse 2018
Baie geluk aan Dr Michelle Barnard, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus wat bekroon is met 'n akademiese prys vir haar artikel Koolstofbelasting as voorgestelde ekologiese fiskalehervormingsmaatreël in Suid-Afrika wat by LitNet Akademies Jg. 13 (3), 2016 verskyn het.
http://www.litnet.co.za/atkvsa-akademie-pryse-2018-vier-li…/
Two Faculty's PhD researchers
Two of the Faculty's PhD researchers are currently attending training at the Tilburg University, Netherlands. Mrs Angela van der Berg is attending the third-year PhD training in Communication Skills and Influencing Policy Makers. Miss Biandri Joubert is attending the second-year PhD training in Socio-legal Research Methodology and Fieldwork. The training takes place between 5 February - 2 March 2018. The training forms part of the European Joint Doctorate in Law and Development (EDOLAD) Core Curriculum for doctoral researchers. For more information on EDOLAD see: http://www.edolad.eu/
Welkom uit die Kantoor van die Waarnemende Dekaan
Geagte student
Ek wil u graag baie welkom heet by die Fakulteit Regte vir die 2018 akademiese jaar wat hierdie maand ‘n aanvang neem. Hierdie jaar gaan sekerlik, op verskeie vlakke, weer ‘n opwindende een wees. Die politieke veranderinge, weersomstandighede, ekonomies werklikhede, gratis hoër onderwys, internasionale gebeure en baie ander faktore sal sorg dat ons nie in 2018 verveeld is nie.
Wat die Fakulteit betref is een van ons belangrike doelwitte die implimentering van die LLB verbeteringsplan. Dit gaan beslis harde werk en aanpassing van dosent en student verg. Ek het geen twyfel dat ons dit, tot voordeel van almal, suksesvol sal doen nie. Hiermee gepaard gaan…
read moreGlobale Klimaatsveranderingsweek - Opvolg
Die Regsfakulteit van die NWU, in samewerking met die Ingenieursfakulteit sowel as die Fakulteit vir Natuurwetenskappe, die SRVP en Enactus, het die 2017 Global Climate Change Week (Globale Klimaatsveranderingsweek) aangebied. Gedurende hierdie week is 'n boekuitstalling by die Ferdinand Postma-biblioteek gehou en is ander aktiwiteite soos 'n bewusmakingsveldtog by die Fakulteit van Regte, 'n studente-debat en verskeie publieke lesings oor klimaatsveranderingskwessies ook aangebied. Besoek ons Facebookblad vir meer besonderhede. https://www.facebook.com/climatechangenwu/
Globale Klimaatsveranderingsweek 9-15 Oktober 2017
9-15 Oktober Boekuitstalling : Klimaatsverandering - Ferdinand Postma- biblioteek
Donderdag 12 Oktober
12:30-14:00 Bewusmakingsveldtog : Gebou F5, Fakulteit Regte
18:00-20:00 Openbare lesing: Skynhof, F5, K 110
Sprekers: 18:00-18:20 Ncobile Nkosi
18:20-18:40 Markus Koehn
18:40-19:00 Dr Michelle Barnard
19:00-19:20 Andrew Gilder
Vrydag 13 Oktober 13:00-14:00 Studente-debat Skynhof , F5, Fakulteit Regte
Prof Leonie Stander praat by Internasionale INSOL konferensie te Warskou Poland
Prof Stander sal op 4 Oktober 2017 'n voordrag getiteld "Comparison: SA business rescue procedure" by die Internasionale INSOL konferensie te Warskou Poland lewer.
Dr Mwanawina is gekies
Dr Mwanawina is gekies om deel te neem aan 'n interdissiplinêre navorsingsprojek getiteld: Steering Regional Development through Regional Economic Communities in Africa: Legal, Economic and Political Instruments.
Die projek vorm deel van die Tanzanian‐German Centre for Eastern African Legal Studies (TGCL) in samewerking met die Dar-es-Salaam Regskool en die Universiteit van Bayreuth, Duitsland. Die eerste navorsingswerkswinkel word vanaf 16-18 Oktober 2017 in Dar-es-Salaam (Tanzanië) gehou.All Africa Skynhof kompetisie
26ste uitgawe van die All African Menseregte Skynhofkompetisie - 18 - 23 September - Span NWU met verteenwoordigers van die Mahikeng-, Vanderbijlpark- en Potchefstroomkampusse
Ons het die eiesoortige eer om ses studente (twee van elke kampus) saam met 3 personeellede (een van elke kampus) te stuur om deel te neem aan die 26ste uitgawe van die All African Human Rights Moot Court-kompetisie wat by die Universiteit van Mauritius gehou sal word. . Die NWU-span bestaan uit:
Mahikengkampus wat verteenwoordig sal word deur me. Rorisang Matlala en mnr. Thato Sibanyoni (3dejaar LLB-studente) en sal vergesel word deur prof. A Agbor (Kampusverteenwoordiger).
VTC-…
read more