'n Voormalige student van die NWU se Regsfakulteit Adv Jannet Gildenhuys, is aangestel as Senior Advokaat met effek vanaf 30 Julie 2019.
Jannet het haar LLB-graad (cum laude) verwerf aan die NWU in 1993 en het ook haar LLM by Emory University (Atlanta, VSA) voltooi in 1996, gevolg deur haar LLD in 1992 by die Universiteit van Stellenbosch.
Sy het by die Pretoria se balie aangesluit in 1999 en spesialiseer in eiendomsreg m.b.t. minerale- en mynreg , die wet op serwitute, omgewingsreg, waterreg, onteiening- en evaluasiereg asook ander verwante velde. Sy is een van die mede-outeurs van Dale et al South African Mineral and Petroleum Law (LexisNexis).
Submitted by RIEËTTE VENTER on Tue, 08/13/2019 - 08:07