Dit is moontlik om nadoktorale navorsing in die fakulteit te doen. 

Die navorsing moet by die Navorsingseenheid vir Reg, Geregtigheid en Volhoubaarheid se navorsingsgebied inpas.

Aansoek vir nadoktorale studie
Daar word van suksesvolle aansoekers verwag om aan een van die navorsingsprojekte van die navorsingseenheid deel te neem en artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte te publiseer met verwysing na die Noordwes-Universiteit. Die nadoktorale genoot doen navorsing onder die studieleiding van ’n senior navorser in die navorsingseenheid en rapporteer direk aan hierdie persoon. Die genoot neem aan al die fakulteit se navorsingsaktiwiteite deel.

Doel van die nadoktorale genootskap
Die die van die genootskap is om befondsing beskikbaar te stel om jong nadoktorale genote na die Universiteit te lok, om hulle in staat te stel om hulle eie navorsingsvaardighede te ontwikkel, en terselfdertyd navorsing in die entiteit vir navorsing en nagraadse opvoeding te bevorder.

Vereistes vir nadoktorale genote

  • ’n Doktorsgraad is verpligtend.
  • Die doktorsgraad moes verkieslik behaal gewees het binne vyf jaar voor die aanstelling as nadoktorale genoot.
  • Die nadoktorale genoot moet tot ’n merkbare toename in die navorsingsuitsette van die entiteit bydra, en die prestasierekord van die kandidaat moet dus in aanmerking geneem word wanneer ’n besluit oor die goedkeuring van die genootskap geneem word.
  • Nadoktorale genote sal nie toegelaat word om vir bykomende vergoeding in die vorm van ’n salaris te werk nie.

Duur van die genootskap
Genootskappe word vir ’n aanvanklike tydperk van een jaar toegeken, hernubaar vir ’n tweede en derde jaar, onderhewig aan die volgende voorwaardes:

  • Bevredigende vordering met die navorsingsprojek(te) soos met die genootskapadviseur ooreengekom.
  • Produktiewe integrasie by die navorsingsgroep.
  • Beskikbaarheid van befondsing.

Die beoogde duur van die genootskap moet duidelik in die aanvanklike aansoek aangedui word.