Oor ons

Welkom by die Regskliniek op die Mahikengkampus. By die SGR is ons daartoe verbind om gehalteregshulp aan die gemeenskap te verskaf, hoofsaaklik aan armes wat vir gratis regshulp kwalifiseer. Hierdie diens word gekombineer met die praktiese regsopleiding van studente, wat studente bemagtig om hulle verworwe regsvaardighede toe te pas. Ons het vyf permanente personeellede, drie interns, drie kandidaatprokureurs en een administratiewe ondersteuningspersoneellid. Alle personeel is verbind tot die bevordering van menseregte en toegang tot geregtigheid.

Mr S Rasikhalela
Direkteur – Regskliniek Mahikeng

Hierdie spesialiseenheid is hoofsaaklik vir ons gemeenskapsdiens- en uitreikprogram verantwoordelik.

Deur ons kliniese regsopleidingsprogram verskaf die sentrum gratis regshulpbystand aan armes in die gemeenskappe om Mahikeng en bied professionele en tegniese bystand aan pararegskantore en adviessentrums in die provinsie. Die sentrum lei ook kandidaatprokureurs op ter voorbereiding vir die Regsvereniging van Suid-Afrika se raadseksamen en vir toelating as prokureurs. As ’n diens aan die publiek hou die sentrum seminare en werkswinkels oor tersaaklike regskwessies en neem aan radiogeselsprogramme en opvoedkundige programme in die openbare media deel.

’n Paar onlangse hoogtepunte by die Regskliniek Mahikeng is:

  • Die kliniek het sedert 2007 14 toegelate prokureurs opgelewer, van wie 10 vroue is.
  • Ons gesamentlike vennootskappe met verskillende belanghebbers om ’n kultuur van menseregte in ons gemeenskappe en deur werkswinkels en radiogeselsprogramme te kweek.

Projekte

Verslag oor sanitêredoekie-veldtog

Date 06/04/17

Onderwerp: Sanitêredoekie-veldtog

Lokaal: Tutuzela Versorgings-/Verkragtingskrisissentrum

Op 06/04/2017 het die Regskliniek bykans 100 pakkies sanitêre doekies aan die Tutuzela Versorgings-/Verkragtingskrisissentrum geskenk.

Die sentrums is ’n kritieke deel van Suid-Afrika se strategie teen verkragting en het ten doel om sekondêre trauma vir die slagoffer te verminder, die skuldigbevindingskoerse van oortreders te verbeter en die lewertyd vir die afhandeling van sake te verminder. Die Thuthuzelas werk in openbare hospitale in gemeenskappe waar die voorkoms van verkragting besonder hoog is, en het ook ’n verbintenis met die hof vir seksoortredings, ’n nuwe en uniek Suid-Afrikaanse teenverkragtingsintervensie. As deel van die strategie word ’n spesiale Hof vir Seksoortredings deur ’n toegewyde korps aanklaers, maatskaplike werkers, ondersoekbeamptes, magistrate, gesondheidskundiges en polisiebeamptes beman. Dit is baie na aan die Thuthuzela-sentrum geleë.

Ter ondersteuning van die regskliniek aan die gemeenskap verskaf die kliniek omgeepakkies aan die verkragtingslagoffers. Hierdie pakkies sluit toiletware en die basiese benodigdhede vir die slagoffers in. Die sanitêre doekies wat ingesamel is, sal deel van hierdie pakkies uitmaak.

Die sentrum was dankbaar vir die skenking en ek glo dat die doel van die veldtog baie suksesvol verwesenlik is.

 

Kontak ons

Posadres:
Private Bag X2046
Mmabatho
2735

Fisiese adres:
Cnr Dr Albert Luthuli & University Drive
Office Number G
Block A2B, Base building
Mmabatho
2735

Kontaknommer: +27 (018) 389 2595 / 2314

Faks: +27 (018) 389 2596

E-posadres: law-clinic-mafikeng@nwu.ac.za

Facebook: https://www.facebook.com/NWULawClinic/

Kaarte en aanwysings