Geagte student

Ek wil u graag baie welkom heet by die Fakulteit Regte vir die 2018 akademiese jaar wat hierdie maand ‘n aanvang neem. Hierdie jaar gaan sekerlik, op verskeie vlakke, weer ‘n opwindende een wees. Die politieke veranderinge, weersomstandighede, ekonomies werklikhede, gratis hoër onderwys, internasionale gebeure en baie ander faktore sal sorg dat ons nie in 2018 verveeld is nie.

Wat die Fakulteit betref is een van ons belangrike doelwitte die implimentering van die LLB verbeteringsplan. Dit gaan beslis harde werk en aanpassing van dosent en student verg. Ek het geen twyfel dat ons dit, tot voordeel van almal, suksesvol sal doen nie. Hiermee gepaard gaan belangrike aspekte soos om inklusief te wees, ons diversiteit aan te gryp en te geniet, beter interaksie met die drie kampusse onderling te bewerkstellig, die implimentering van die Fakulteit se taalbeleid te Potchefstroom en vele meer.

Ek vertrou dat 2018 vir u ‘n baie suksesvolle jaar sal wees. U is die person wat u lot bepaal. Gryp die geleenthede wat na u kant toe kom aan, geniet dit ten volle en maak ‘n sukses daarvan.

Prof Stephen de la Harpe

Waarnemende Dekaan

Submitted by RIEËTTE VENTER on Mon, 02/05/2018 - 07:43