Prof. Klaus D. Beiter van die NWU Regsfakulteit, ‘n spesialis in internasionale menseregte, is aangewys as die voorsitter van ‘n uitgelese paneel wat die kwessie van akademiese vryheid gaan bespreek. Hierdie paneelbespreking sal plaasvind tydens die 2018 Scholars at Risk Network Global Congress, wat van 23-26 April sal plaasvind by die Freie Universität Berlin, Duitsland. Die  kongres is getiteld : "The University and the Future of Democracy" en word gereël deur die  Scholars at Risk, New York, te same met  die  Alexander von Humboldt Foundation en Freie Universität Berlin.

Scholars at Risk beskerm akademici wat slagoffers is van ernstige  dreigemente t.o.v. hulle lewens, vryheid en welstand, en dit a.g.v. hulle  uitsprake oor akademiese vryheid.  Daar word tydelike onderrig- en navorsingsposisisies aan sodanige akademici verskaf by verskeie instansies. Daar word ook raadgewende en verwysingsdienste aan hierdie akademci voorsien. Scholars at Risk het verskeie inisiatiewe gevestig om aanvalle op akademici te identifiseer, te boekstaaf en daadwerklike aksie te neem om hierdie aangeleentheid aan te spreek. Dwarsoor die wêreld word vryheid van spraak en die noodsaaklike uitruil van idees  bedreig. Scholars at Risk bring fakulteite, student en hoëronderwysgemeenskappe by mekaar om akademiese vryheid te bespreek en geleenthede en spasies te skep vir akademiese vryheid om te floreer. Hulle network sluit meer as 500 universiteite in.

Prof Beiter , sal , as verteenwoordiger van die Noordwes-Universiteit,  die paneel van joernaliste, menseregte-prokureurs en navorsers begelei wanneer die kwessies van akademiese vryheid en die inbreukmaking op hierdie reg soos dit voorkom in die VSA, Rusland , Indië  en Italië, breedvoerig bespreek word.

Besoek gerus hulle webwerf by The Scholars at Risk webwerf by https://www.scholarsatrisk.org.

Vir meer inligting  oor die 2018 Congress (including the conference programme), besoek die  die Congress se webwerf by : https://con-gressa.de/avh-psi.

Prof. Beiter doen al jare lank navorsing oor  akademiese vryhied, die reg tot wetenskaplike vooruitgang en instansionele outonomie. Sy boek getitled "The Protection of the Right to Education by International Law"belig hierdie aspekte uitstekend. Hy het verskeie artikels oor akademiese vryheid gepubliseer in etlike vooraanstaaande regsjoernale.  Prof. Beiter het ‘n indeks ontwerp om die “goeie “ sowel as “slegte” beskerming van akademiese vryheid te beoordeel. Gedurende ‘n navorsingsbesoek as ‘n Marie Curie Fellow in die Verenigde Koninkryk het hy hierdie indeksinstrument gebruik m.b.t 28 verskillende lande. Sy bevindings het aangetoon dat die beskermibg van akademiese vryheid in Europa besig is om af te neem, a.g.v. die kommersalisering van akademie.  Prof. Beiter beplan om hierdie maatstaf ook in Suid-Afrika toe te pas, aangesien akademiese vryheid geruime tyd reeds in die spervuur verkeer.  Prof. Beiter is al reeds sedert 2010 betrokke by Scholars at Risk en het verskeie bydraes op verskillende vlakke gelewer.

Submitted by RIEËTTE VENTER on Thu, 04/19/2018 - 10:46