A former student of the NWU Faculty of Law, Adv Jannet Gildenhuys

'n Voormalige student van die NWU se Regsfakulteit Adv Jannet Gildenhuys, is aangestel as Senior Advokaat met effek vanaf 30 Julie 2019.
Jannet het haar LLB-graad (cum laude) verwerf aan die NWU in 1993 en het ook haar LLM by Emory University (Atlanta, VSA) voltooi in 1996, gevolg deur haar LLD in 1992 by die Universiteit van Stellenbosch.
Sy het by die Pretoria se balie aangesluit in 1999 en spesialiseer in eiendomsreg m.b.t. minerale- en mynreg , die wet op serwitute, omgewingsreg, waterreg, onteiening- en evaluasiereg asook ander verwante velde.
Submitted by RIEËTTE VENTER on Tue, 08/13/2019 - 08:07

Prof Anél du Plessis is presenting a Public Lecture

Prof Anel du Plessis bied op 26 Junie 2018 'n publieke lesing aan wat deur die Institute for Advanced Sustainability Studies (Potsdam)  en die Freie Universitat, Berlyn aangebied word. Die lesing is getiteld: "Domestication of the Paris Agreement in South Africa: The role of Cities"  en bevat Mnr Andrew Gilder, Mede-direkteur van Climate Legal (www.climatelegal.co.za) as mede-outeur.  

Submitted by RIEËTTE VENTER on Wed, 06/27/2018 - 09:42

Prof Oliver Fuo woon tans die "Global Intensive" Program

Prof. Oliver Fuo woon tans die Global Intensive Program of Young Constitutional Law Scholars by wat van 23-29 Junie 2018 in Seoul, Suid-Korea aangebied word.  Die program word georganiseer deur die aanbieders van die 10de Annual World Congress of Constitutional Law en bied 'n geleentheid aan 28  belowende akademici van 16 verskillende lande om te beraadslaag oor hoe konstituisonalisme die globalisering van menseregte en humanitarisme in Suid-Korea en die ander verteenwoordigende lande, bevorder en kweek.

Submitted by RIEËTTE VENTER on Wed, 06/27/2018 - 09:41

Nuwe uitdaging vir prof Christa Rautenbach

Die doel van prof Rautenbach se aanstelling is om aan ’n ondersoek ten opsigte van die moontlike aanvaarding van ’n enkele huwelikswet, wat maatreëls teen skynhuwelike insluit, deel te neem. Die ondersoek sal hoofsaaklik die kwessie hanteer van die ontwikkeling van voorstelle vir wetgewing wat partye toelaat om volgens alle godsdienstige, kulturele of sekulêre praktyke in Suid-Afrika te trou.

Submitted by RIEËTTE VENTER on Wed, 05/30/2018 - 11:23

Prof Anél du Plessis verwerf gesogte leerstoel

Die Fakulteit is oorstelp om aan te kondig dat die fakulteit deur die NRF South African Research Chair Initiative (SARChi) bekroon is met 'n leerstoel (research chair) .  Die leerstoel  is   in "Cities, Law and Environmental Sustainability" en is deur Prof Anél du Plessis verwerf.  Sy sal ook die aktiwiteite m.b.t. hierdie toekenning vir die volgende vyf jaar behartig.  Die stoel word gesamentlik deur Nedbank en die IRF befonds.

Submitted by RIEËTTE VENTER on Tue, 05/22/2018 - 10:48

Prof Leonie Stander - TOON VAN DEN HEEVERPRYS VIR REGSWETENSKAP

TOON VAN DEN HEEVERPRYS VIR REGSWETENSKAP
Die prys kan driejaarliks toegeken word vir: Oorspronklike regskundige werke in Afrikaans; en/of vollengte artikels of 'n artikel van hoogstaande gehalte in Afrikaans wat in geakkrediteerde regstydskrifte verskyn het; en/of baanbrekende regsuit¬sprake in Afrikaans.

Submitted by RIEËTTE VENTER on Thu, 05/03/2018 - 11:34

Prof Louis Kotze - Regter vir die Permanent Peoples' Tribunal (PPT) on Human Rights

Professor Louis Kotzé, Navorsingsprofessor aan die Regsfakulteit van die NWU en huidiglik Marie Curie navorsingsgenoot by die Universiteit van Lincoln in die Verenigde Koninkryk , is aangewys as regter vir die Permanent Peoples' Tribunal (PPT) on Human Rights, Fracking and Climate Change.  Die verhoor m.b.t. hierdie netelige en kritieke  kwessie sal van 14-18 Mei 2018 plaasvind.  Die PPT  is 'n internasionale erkende  organisasie en dien as 'n tribunaal vir die beslegting van menseregte-kwessies.

Submitted by RIEËTTE VENTER on Thu, 05/03/2018 - 07:41

Prof Klaus D Bieter - NWU Fakulteit Regte

Prof. Klaus D. Beiter van die NWU Regsfakulteit, ‘n spesialis in internasionale menseregte, is aangewys as die voorsitter van ‘n uitgelese paneel wat die kwessie van akademiese vryheid gaan bespreek. Hierdie paneelbespreking sal plaasvind tydens die 2018 Scholars at Risk Network Global Congress, wat van 23-26 April sal plaasvind by die Freie Universität Berlin, Duitsland.

Submitted by RIEËTTE VENTER on Thu, 04/19/2018 - 10:46