Die doel van prof Rautenbach se aanstelling is om aan ’n ondersoek ten opsigte van die moontlike aanvaarding van ’n enkele huwelikswet, wat maatreëls teen skynhuwelike insluit, deel te neem. Die ondersoek sal hoofsaaklik die kwessie hanteer van die ontwikkeling van voorstelle vir wetgewing wat partye toelaat om volgens alle godsdienstige, kulturele of sekulêre praktyke in Suid-Afrika te trou.

 “Dit is ’n groot eer, maar dis baie ekstra werk. Dit kan jare duur om ons verslag aan die minister te voltooi, aangesien ons talle verskillende soorte huwelike en talle tipes wetgewing het. Ons gaan wetgewing moet vind wat vir almal werk,” sê prof Rautenbach.

Sy is egter nie iemand wat van ’n uitdaging wegskram nie. Terwyl sy haar nuwe verantwoordelikhede verduidelik, is sy op pad na die prentjiemooi Himeville in Kwazulu-Natal vir die KAP sani2c-fietsresies, wat oor drie dae en 261 km strek. Wat begin het as ’n manier om fiks te bly, het in ’n passie ontaard wat haar talle uitmergelende ritte soos die Kaapstad-fietstoer laat aanpak.

Nog ’n uitdaging, nog ’n dag vir Christa Rautenbach.

Die NWU se prof Christa Rautenbach is ‘n advieskomiteelid in die Suid-Afrikaanse Kommissie vir Regshervorming: Projek 144

Submitted by RIEËTTE VENTER on Wed, 05/30/2018 - 11:23