Aanstellings op die Fakulteitsbestuurskomitee
Die volgende aanstellings (vir 'n periode van vyf jaar) is bevestig :
-
Adjunkdirekteur Voorgraadse Programme Vanderbijlpark Kampus: Prof Ilya Mwanawina
Nuwe uitdaging vir prof Christa Rautenbach
Die doel van prof Rautenbach se aanstelling is om aan ’n ondersoek ten opsigte van die moontlike aanvaarding van ’n enkele huwelikswet, wat maatreëls teen skynhuwelike insluit, deel te neem. Die ondersoek sal hoofsaaklik die kwessie hanteer van die ontwikkeling van voorstelle vir wetgewing wat partye toelaat om volgens alle godsdienstige, kulturele of sekulêre praktyke in Suid-Afrika te trou.
Prof Anél du Plessis verwerf gesogte leerstoel
Die Fakulteit is oorstelp om aan te kondig dat die fakulteit deur die NRF South African Research Chair Initiative (SARChi) bekroon is met 'n leerstoel (research chair) . Die leerstoel is in "Cities, Law and Environmental Sustainability" en is deur Prof Anél du Plessis verwerf. Sy sal ook die aktiwiteite m.b.t. hierdie toekenning vir die volgende vyf jaar behartig. Die stoel word gesamentlik deur Nedbank en die IRF befonds.
Prof Leonie Stander - TOON VAN DEN HEEVERPRYS VIR REGSWETENSKAP
TOON VAN DEN HEEVERPRYS VIR REGSWETENSKAP
Die prys kan driejaarliks toegeken word vir: Oorspronklike regskundige werke in Afrikaans; en/of vollengte artikels of 'n artikel van hoogstaande gehalte in Afrikaans wat in geakkrediteerde regstydskrifte verskyn het; en/of baanbrekende regsuit¬sprake in Afrikaans.
Prof Louis Kotze - Regter vir die Permanent Peoples' Tribunal (PPT) on Human Rights
Professor Louis Kotzé, Navorsingsprofessor aan die Regsfakulteit van die NWU en huidiglik Marie Curie navorsingsgenoot by die Universiteit van Lincoln in die Verenigde Koninkryk , is aangewys as regter vir die Permanent Peoples' Tribunal (PPT) on Human Rights, Fracking and Climate Change. Die verhoor m.b.t. hierdie netelige en kritieke kwessie sal van 14-18 Mei 2018 plaasvind. Die PPT is 'n internasionale erkende organisasie en dien as 'n tribunaal vir die beslegting van menseregte-kwessies.
Prof Klaus D Bieter - NWU Fakulteit Regte
Prof. Klaus D. Beiter van die NWU Regsfakulteit, ‘n spesialis in internasionale menseregte, is aangewys as die voorsitter van ‘n uitgelese paneel wat die kwessie van akademiese vryheid gaan bespreek. Hierdie paneelbespreking sal plaasvind tydens die 2018 Scholars at Risk Network Global Congress, wat van 23-26 April sal plaasvind by die Freie Universität Berlin, Duitsland.
"Inspire a future leader" met Regter Leona Theron
Almal is welkom om die gaslesing deur Regter Leona Theron van die Konstitusionele Hof, by te woon. Die tema van haar aanbieding is: Ons verantwoordelikheid teenoor sosiale geregtigheid. Die aanbieding is om 12:45 - 14:00 in die NWU Sanlam-ouditorium op 9 April 2018.
2017 Juta Law Prize
Johannesburg candidate attorney, Alecia Pienaar, won the 2017 Juta Law Prize for best candidate attorney article for her article titled ‘Overview of air quality regulatory developments’ published in 2017 (Dec) DR 38. Her article discussed how climate change has been on the agenda since 1993 when South Africa (SA) first became a signatory to the United Nations Framework.
Uitvoerende Dekaan 2018
Uitvoerende Dekaan: Fakulteit Regte
Prof Stephen de la Harpe
Prof De la Harpe het 'n BA Regte en LLB aan die Universiteit van Pretoria (UP) behaal, 'n BCom aan UNISA, LLM met spesialisasie in Fundamentele Regte en Konstitusionele Praktyk aan UP, 'n LLD aan UNISA en 'n PGDip in Dispuutresolusie aan die Universiteit van Stellenbosch.