Oor Ons

Die Regskliniek is amptelik geopen op 05 Augustus 1981 en is ʼn sentrum van die Fakulteit Regte van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. Die Regskliniek is betrokke by etlike projekte wat opleiding, gratis regshulpdienste, gemeenskapsuitreiking en kapasiteitsbouprogramme asook adviesdienste insluit. Die Regskliniek funksioneer in die provinsies Noordwes en Mpumalanga waar hierdie aktiwiteite plaasvind.

Bogenoemde aktiwiteite is gerig op:

Opleiding
Die praktiese regsopleiding binne die LLB-program van die NWU. Kortkursusse vir regslui en pararegslui. Opleiding aan lede van die gemeenskappe binne die gebiede waar die Regskliniek funksioneer.

Regshulpdienste
Die Regskliniek lewer gratis regshulpdienste aan arm en hulpbehoewende mense in die voormelde provinsies.

Kapasiteitsbouprogramme
Hierdie programme help onder andere pararegslui en lede van die gemeenskap om regsvaardighede en kapasiteit te ontwikkel en om hierdie vaardighede te beoefen in die gemeenskappe waarin hulle werk.

Adviesdienste
Die Regskliniek lewer voorts adviesdienste aan lede van die gemeenskap om 'n “regtegebaseerde” gemeenskap te bevorder en om, in plaas daarvan om die reg in eie hande te neem, die reg te gebruik om hulle regte af te dwing.

Binne hierdie aktiwiteite werk die Regskliniek saam met  aantal organisasies soos Regshulp Suid-Afrika, regeringsdepartemente, provinsiale pararegslui organisasies, verskillende NRO’s en GBO’s om suksesvol te wees en sy doel te bereik.

Hierbenewens ontvang die Regskliniek befondsing van internasionale en nasionale donateurs, soos hierin aangedui, sodat hy in staat kan wees om by hierdie aktiwiteite betrokke te wees. Sonder sodanige befondsing sou dit nie moontlik gewees het nie.

Die Regskliniek wil deur middel van sy aktiwiteite die lewensgehalte van die mense in Noordwes en Mpumalanga verbeter.

Chrisna Landsberg
(Direkteur: Regskliniek)

Regskliniek - Jaarverslag

2020

2022

 

Mail&Guardian March 2013 - A voice for the mute Getting children justice is not an easy job

 

Boodskap van die Direkteur

 

Die Regskliniek vorm deel van die Fakulteit Regte van die Noordwes Universiteit Potchefstroomkampus.  Die Regskliniek is betrokke by ʼn aantal projekte wat betref gratis regsdienste, gemeenskapsuitreik- en kapasiteitsbou-programme sowel as adviesdienste.  Die Regskliniek is werksaam in die Provinsies van Noordwes en Mpumalanga waar hierdie aktiwiteit plaasvind.

 

Die gemelde aktiwiteite is gerig op die volgende projekte:

  • Opleiding: Die praktiese regsopleiding van studente in die LLB graad van die NWU.  Kortkursusse vir regspraktisyns en pararegslui.  Opleiding van lede van die gemeenskappe waar die Regskliniek werksaam is.
  • Regsdienste: Die Regskliniek lewer gratis regsdienste aan behoeftige mense in die gemelde provinsies.
  • Kinderregeenheid: Die Regskliniek bedryf ʼn spesialis Kinderregeenheid en tree op namens kinders in verskeie aangeleenthede waarin hulle betrokke is, waaronder plasing in plekke van veiligheid, aannemings ens. Ook die regte van kinders wat, onder andere, molesteer word, word behartig.
  • Adviesdienste: Voorts lewer die Regskliniek ook adviesdienste aan lede in gemeenskappe om ʼn “regte-kultuur” te bevorder in plaas daarvan dat sodanige lede die reg in die hande neem ten einde dit af te dwing.

Die Regskliniek bestaan uit Prokureurs, Kandidaat Prokureurs, Pararegslui en Administratiewe personeel wat betrokke is by die lewering van die gemelde dienste.

Die Regskliniek het, op enige gegewe stadium, ongeveer 1 500 lêers op hande waarin die kliniek namens kliënte optree.  Die gemiddelde aantal persone wat jaarliks bygestaan word beloop ongeveer 7 000 mense.  Die aantal persone in gemeenskappe en leerders wat jaarliks bereik word in die uitreikprogramme beloop ongeveer 5 000 mense.

Om suksesvol te wees in die bereiking van sy doel werk die Regskliniek saam met ʼn aantal organisasies soos Regshulp Suid Afrika, Staatsdepartemente, Provinsiale Pararegslui Organisasies en verskillende Nie-Regeringsorganisasies.

Die Regskliniek verbeter die lewenskwaliteit van die mense in die Provinsies van Noordwes en Mpumalanga deur middel van bogenoemde aktiwiteite.

 

Kontak ons

Posadres:
Internbussie 547
Potchefstroomkampus
Noordwes-Universiteit
Posbus 20810
Noordbrug
Potchefstroom
2522

Fisiese adres:
1ste vloer RCSA Administratiewe Gebou
h/v Thabo Mbeki Laan en Meyerstraat
Potchefstroom
2531

Kontakbesonderhede:

Tel: +27 (0)18 299 1920

Fax: +27 (0) 87 057 1870

Algemene / Sentrale Epos adres: Regskliniek-Potch@nwu.ac.za / Lizelle.duPisani@nwu.ac.za

Kaart en aanwysings

Borge


Die Regskliniek van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus wil ekenning gee aan die bydraes van die volgende donateurs, sonder wie die aktiwiteite van die Regskliniek nie moontlik sou wees nie:

 

Attorneys Fidelity Fund

www.fidfund.co.za

Legal Aid South Africa

www.legal-aid.co.za

Association of University Legal Aid Institutions Trust

The Atlantic Philanthropies

www.atlanticphilanthropies.org

Open Society Foundation for South Africa

www.osf.org.za

Charles Stewart Mott Foundation

www.mott.org

Law Society of South Africa – Legal Education and Development

www.lssalead.org.za