![Flip Schutte Extraordinary Associate Professor](/sites/law.nwu.ac.za/files/files/staff/FlipSchutte%20-%20Flip%20Schutte.jpg)
BA (PU vir CHO) 1978; BJURIS (PU vir CHO) 1980; LLB (PU vir CHO) 1982; LLD (NWU) 2007.
Fakultiet Regte by die NWU (een by die Potchefstroomkampus en een by die Mahikeng-kampus) saamgesmelt het, is hy aangestel as Direkteur by die Skool vir Voorgraadse Programme waar hy toesig gehou het oor die aanbieding van alle regsprogramme by die drie kampusse van die Universiteit (die Potchefstroom, Vanderbijlpark) en Mafikeng-kampusse), 'n pos wat hy beklee het tot en met aftrede aan die einde van 2020. Ná sy aftrede in 2021 is hy aangestel as Buitengewone Medeprofessor by die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die NWU. Flip Schutte het die volgende grade: BA (PU vir CHO) 1978; BJURIS (PU vir CHO) 1980; LLB (PU vir CHO) 1982; LLD (NWU) 2007. Na voltooiing van sy studies vir die LLB-graad aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, het Flip sy artikels by die prokureursfirma Fleischacks voltooi, Potchefstroom, waarna hy as Professionele Assistent by dieselfde firma aangestel is. Hy het in 1985 as Senior Lektor by die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys aangesluit waar hy die volgende modules gedoseer het: Bewysreg, Strafprosesreg en Estoppelreg. Hy is in 2007 tot die pos van medeprofessor bevorder. Hy het 'n proefskrif vir die Doctor Legum-graad voltooi met die volgende titel: Die ontwikkeling van die saaklike ooreenkoms waar onroerende eiendom oorgedra word: 'n regshistoriese navorsing en het verskeie artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe in regstydskrifte gepubliseer. Hy het ook referate by verskeie nasionale en internasionale konferensies gelewer. Flip het navorsingstoekennings van die Nasionale Navorsingstigting, die Prokureursgetrouheidsfonds en die Max Planck-instituut Hamburg ontvang. Flip is in 2007 aangestel as die Direkteur: Onderrig en Leer by die Fakulteit Regsgeleerdheid by die Noordwes-Universiteit Potchefstroomkampus. Nadat die twee Regsfakulteite aan die NWU (een op die Potchefstroomkampus en een op die Mahikeng-kampus) saamgesmelt het, is hy aangestel as Direkteur by die Skool vir Voorgraadse Programme waar hy toesig gehou het oor die aanbieding van alle regsprogramme by die drie kampusse van die Universiteit. (die Potchefstroom-, Vanderbijlpark- en Mafikengkampusse), 'n pos wat hy tot en met aftrede aan die einde van 2020 beklee het. Ná sy aftrede in 2021 is hy aangestel as Buitengewone Medeprofessor by die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die NWU.