Die Regsfakulteit van die NWU, in samewerking met die Ingenieursfakulteit sowel as die Fakulteit vir Natuurwetenskappe, die SRVP en Enactus, het die 2017 Global Climate Change Week (Globale Klimaatsveranderingsweek) aangebied. Gedurende hierdie week is 'n boekuitstalling by die Ferdinand Postma-biblioteek gehou en is ander aktiwiteite soos 'n bewusmakingsveldtog by die Fakulteit van Regte, 'n studente-debat en verskeie publieke lesings oor klimaatsveranderingskwessies ook aangebied. Besoek ons Facebookblad vir meer besonderhede. https://www.facebook.com/climatechangenwu/