Title
Prof
Name and surname
Paul du Plessis
Job title
Buitengewone Professor
E-mail
p.duplessis@ed.ac.uk
Physical address
Edinburgh Universiteit
Staff type
Academic
Background

Paul J. du Plessis beklee die leerstoel in Romeinse reg aan die Universiteit van Edinburgh. Hy is 'n regshistorikus wie se navorsing oorwegend fokus op die veelvlakkige en komplekse stel verhoudings tussen die reg en die samelewing in 'n historiese konteks. Sy hoof navorsingsveld is die Romeinse reg (met spesifieke verwysing na eiendom, verpligtinge en, in 'n mindere mate, persone en familie). In die konteks van sy belangstelling in ‘reg en samelewing’, fokus sy navorsing ook op 'n verdere tydperk waar Romeinse regsbeginsels gebruik is om die reg te skep, naamlik die tydperk van die Europese ius commune in die laat Middeleeue. Hier ondersoek hy navorsing temas soos struktuur, leerstelling en legitimiteit met die oog daarop om die aanvaarde ‘makro-narratiewe’ van die Europese regsgeskiedenis uit te daag. Hy is die skrywer van ses boeke met uitgewers, insluitend Oxford University Press en Bloomsbury, en die redakteur van agt volumes by dieselfde uitgewers. Sy navorsing is deur verskeie nasionale en internasionale organisasies befonds, insluitend die Nasionale Navorsingsfonds (Suid-Afrika), Die Instituut vir Klassieke Studies (Verenigde Koninkryk), en die Journal of Legal History (Verenigde Koninkryk). Onlangse aanwysers van aansien: In 2020 is hy tot die Senatus Academicus verkies. In 2021 is hy verkies tot Professor Extraordinarius by die Fakulteit Regte, by die Noordwes Universiteit.