Uitvoerende Dekaan: Fakulteit Regte

Prof Stephen de la Harpe

Prof De la Harpe het 'n BA Regte en LLB aan die Universiteit van Pretoria (UP) behaal, 'n BCom aan UNISA, LLM met spesialisasie in Fundamentele Regte en Konstitusionele Praktyk aan UP, 'n LLD aan UNISA en 'n PGDip in Dispuutresolusie aan die Universiteit van Stellenbosch.

Hy is in 1985 as prokureur tot die Hoogeregshof van Suid-Afrika toegelaat, en as advokaat in die Hooggeregshof in 1986. Hy is 'n geakkrediteerde kommersiële mediator by die Africa Centre for Dispute Settlement en is ook lid van verskeie verenigings.

Prof De la Harpe het uitgebreide onderwyservaring as junior lektor by UNISA, lektor by UP, en senior lektor, medeprofessor en professor by die NWU.

Hy het waargeneem as die uitvoerende dekaan van die Fakulteit Regte tot en met hierdie aanstelling.

Baie geluk Prof Stephen!

Submitted by RIEËTTE VENTER on Mon, 03/12/2018 - 08:07