- Toelatingsvereistes – LLB of gelykwaardige regskwalifikasie. Navorsingsbevoegdheid en skryfvaardighede asook praktiese ervaring word met die oorweging van aansoeke in ag geneem. As ’n riglyn moes studente ’n gemiddelde van 60% vir die finale jaar se LLB-modules sowel as vir die verhandeling behaal het.
- Internasionale studente – ’n evalueringsertifikaat wat deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-Owerheid (SAKO) uitgereik is, moet ingedien word indien ’n vorige kwalifikasie in ’n ander land behaal is.
- Duur van studie – ten minste een jaar, maksimum twee jaar.
- Bykomende toelatingsvereistes – die Direkteur Nagraadse Programme kan vereis dat ’n student voldoende bewys van hulle navorsingsvaardighede moet verskaf voordat die student toestemming ontvang om te registreer. Indien ’n student ’n LLM-graad wil verwerf in ’n vak wat nie by die LLB ingesluit is nie, of waarin die student se prestasie nie van ’n voldoende standaard is nie, kan ’n toelatingseksamen in die betrokke vak deur die direkteur voorgeskryf word.
- Kapasiteit – die LLM-programme en keusemodules word slegs aangebied indien die Direkteur Navorsing van mening is dat daar voldoende vraag na die program/module(s) is.
- Navorsingsonderwerpe – studente kan slegs vir ’n navorsingsonderwerp in enige module registreer indien voldoende studieleiding beskikbaar is en indien die direkteur van mening is dat daar voldoende kundigheid vir ondersteuning aan en leiding van ’n student in die fakulteit is.
Die LLM in Boedelreg fokus op boedelbeplanning en nie die bereddering van boedels nie.
Wat is boedelbeplanning?
Boedelbeplanning word dikwels beskou as ’n oefening wat net onderneem moet word deur diegene met geweldige boedels en wat gevolglik strategieë wil gebruik om die negatiewe uitwerking van boedelbelasting op hulle boedel uit te skakel. Uit ’n boedelbeplanningsperspektief, wanneer ’n individu ’n groot boedel bymekaar gemaak het, het die boedelbeplanner baie min opsies tot sy beskikking. As boedelbeplanning egter gedoen word wanneer ’n boedel relatief klein is, het die eienaar van die boedel ’n baie wyer reeks beplanningsopsies beskikbaar. In hierdie verband is die LLM in Boedelreg daarop gemik om ’n akademiese verdieping en verbreding van professionele ervaring vir uitmuntende regsgegradueerdes uit Suid-Afrika te verskaf. Dit dien as ’n akademiese kwalifikasie vir loopbane op die gebied van boedelreg en verskaf aan studente teoretiese en praktiese kennis oor boedelbeplanning, belastingreg, finansiële beplanningsreg, en geselekteerde temas uit privaatreg wat met boedelbeplanning verband hou. Met betrekking tot sy studieveld beoog dit om die gaping tussen die akademie en die praktyk te oorbrug. Die LLM fokus op vaardighede wat goed afgeronde prokureurs nodig het om hulle kliënte met boedelbeplanning te help.
Hoe sal ’n graad in boedelbeplanning my help?
Boedelbeplanning is ’n beroep wat vir regspraktisyns, finansiële adviseurs en spesialisboedelbeplanners baie belangrik is. Die voltooiing van hierdie program lei tot toenemende loopbaangeleenthede in die privaat praktyk sowel as in die privaat sektor, byvoorbeeld in die bankwese en die finansiële sektor.
Boedelbeplanning is op ’n tweefase-proses gegrond. Die eerste stadium behels die voorbereiding en implementering van ’n plan om tydens die kliënt se leeftyd oor sy rykdom te beskik, en die tweede stadium is die implementering van hierdie plan na die kliënt se dood. Ten einde ’n plan vir die beskikking oor rykdom voor te berei, moet ’n boedelbeplanner kennis neem van kwessies soos belasting, boedelbereddering, familiereg, erfreg en eiendomsreg. Benewens hierdie gebiede het die beroep ook in so ’n mate ontwikkel dat die boedelbeplanner verder raad moet kan gee oor kwessies wat met versekering en finansiële beplanning verband hou.
Enigste studie van sy soort
Die LLM in Boedelreg is een van die programme van hierdie aard in Suid-Afrika wat al die langste aangebied word, en die oudste gestruktureerde meestersgraad wat deur die Fakulteit Regte aangebied word. Dit het ’n reputasie gebou as ’n graad waar studente die nodige kennis en praktiese vaardighede opdoen om behoorlike boedelbeplanning te doen. Die program is gemik op praktisyns wat beoog om hulle kennis te verbeter en/of by te werk.
Terugvoer van alumni
Die terugvoer van ons LLM Boedelreg-gegradueerdes is uitstekend, en talle van hulle het hulle loopbane gevestig of bevorder as praktisyns wat in Boedelreg spesialiseer, of as regsadviseurs by banke en versekeringsmaatskappye.
Module-aanbieders
Ons gebruik praktisyns en kundige personeel met kennis en praktiese ervaring in die verskillende vakke om studente in die studie vir hierdie LLM-graad by te staan.
Programleier: Prof Henk Kloppers
Module |
Dosent(e) |
---|---|
LLMB 871 Boedelbeplanningwet |
|
LLMB 872 Belasting wetgewing |
|
LLMB 811 Finansiéle beplanningswet |
|
LLMB 812 Privaatreg: Capita Selecta |
Prof Elmarie van der Schyff |
Toelatingsvereistes:
Om toelating tot die LLM-graad te verkry, moet ’n student voldoen aan al die vereistes wat deur hierdie universiteit of enige ander Suid-Afrikaanse universiteit vir die LLB-graad gestel word. ’n Student met ’n ander vierjaar-regsgraad van hierdie of ’n ander universiteit kan om toelating tot die LLM-graad aansoek doen.
Samestelling van kurrikulum – LLM Boedelreg
KODE: 6CM P01, R801P
KAMPUS: POTCHEFSTROOM, (ENGLISH)
AFLEWERINGSMETODE: KONTAK-ONDERRIG
Die program behels die volgende verpligte en keusemodules:
Modulekode |
Beskrywing |
Krediete |
Year modules |
||
LLMB 873 |
Navorsingsmetodologie en Skripsie |
100 |
LLMB 871 |
Boedelbeplanning
|
20 |
LLMB 872 |
Belastingwet |
20 |
Semester 1 |
||
LLMB 811 |
Finansiële Beplanningsreg |
20 |
LLMB 812 |
Privaatreg: Capita Selecta |
20 |
Krediettotaal vir modules |
80 |
|
Krediettotaal vir die kurrikulum |
180 |